lied van ons saamwees (BRONS)
vir jou het ek ʼn sonneblom
gebêre in my Bybel
daar waar ek jou naam
skryf in ons liefde gehul
ons lied komponeer ons
met meesleurende melodie
en helende harmonie
kom wals met my my lief
as ons die lirieke laat lewe
dan tango ons saam op maat
van ons soete samesyn
met pienkbloosblos soene sag
op jou roosblaarwange
©Marlene Erasmus
30/11/2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek