Herfs van Onthou
Herfs van Onthou
Deur: Ryno du Plessis
Vol gegroeide takke, skadu van die boom, dra hy sy kroon van blare.
Winde waai en blare word gesaai—eers groen, toe in alle kleure.
Met ’n lewe tussen die blare kyk ek terug oor soveel jare.
Winde het gewaai, lewensblare is gesaai.
Uitgedroog, gekoester in ’n boek, vasgevang in die onthou van goeie jare.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.