Jongste aktiwiteit:

Ek weet nou jy was ‘n engel

Al was jou vlerke nie sigbaar nie
en kon mens nie jou halo se glim sien nie
weet ek nou jy was ‘n engel …

Want dit was in jou omgee se hand
en in die lengtemaat van jou uitreik
Dit was toulengte in jou aanhou probeer
en die sagtheid in jou hand se vashou
Dit was jou stemtoon op ‘n harde oggend
en jou wysheid se weerklank in my nood
Dit was jou stilwees in my lewenstorm
en jou kompas se wyser in my wanhoop
Dit was jou nederigheid se kop bo water troon
en jou leiding wat my kon laat volg

En dis hoe ek weet jy was ‘n engel
op my lewenspad gestuur …

©Sonja Peacock – 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed