Hanswors
Hanswors
Deur: Ryno du Plessis
Van waar die snaakse naam?
Ek wonder— raak jy daaroor skaam?
Daar was eens ’n oom Hans, hy was nogal baie snaaks.
Van wors maak kon jy hom niks vertel nie; hy was eintlik ’n ryk koksmous.
Sou iemand se lip so effe sleep, het hy altyd ’n grappie gereed gehad. Toe raak hy skielik stil.
Verpot het hy sy gesig geverf, dit was sy manier om kinders te bederf.
Daardie dag toe hy wel sterf, was dit maar hartseer—
niemand kon so goed soos hy terg. Vandag sien ons steeds hansworste.
Party dra ’n geverfde traan, soos daardie dag van Oom Hans se laaste bestaan.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.