Die heuwel by Pietersfontein
nog strelend skemer
‘n mengelmoes van
laventel ligblou lilagrys
ek stap op na die heuwel
klouter-kruip oor die koue klippe
takkies grits-grits onder my tekkies
die reënreuk ruik
salig soet
my longe vol van vars
onbesmette oggendlug
Kaapse Wewer sit soek-soek
kjeeu-kjeeu na sy maatjie
op die heuwel
is daar veelkleurige veldblomme
en ek sit-staar na die
sjampanje saffraan sonsopkoms
©Roeline
digformaat: alliterasie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.