‘n Dankbare landskap
Ek wil stap in ‘n veld
waar spierwit blomme
bars uit die grootheid
en wydheid van die aarde
Die lieflike kosmos
so vӗr soos die oog
kan sien
vir my beteken dit
die mooiste musiek
‘n pragtige boek
Saam sal ons stap deur die velde
die liefde vertoon in pienk en wit
Ons kan soveel plus soos ons wil
want die liefde kosmos niks
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.