Emosies
Emosies
Ritmies tik die polslag van die lewe voort en my
wa-pad is die lang-pad en ek sit voet in die hoek
om weg te kom van pynlikke emosies
terwyl die son met n tergende glimlag oor die kruine kom loer
en warm, lou warm groet voor die nag die laaste strale vasvang
deur sy swart gordyne voor te hang
Soos die son wat n rede het vir sy skyn
so het die reën, ʼn rede vir sy val
soos oseane wat strek wyd tot suid
en water duine vorm in die donker dieptes [harte]
wat rol oor fyn gemaalde skilpie- strande
sodat elk van hul emosie kan getuig
Mense kom van oral oor
om op die sagte strande voetspore te trap
met kinderharte wat laggende rond speel en
deur die koel water verfrissend gelaat
die padgids van emosies
het sy stempel gemaak….
©MarietaCalitz[LadySoul] 2017/03/06
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.