Bont Trane Bring Helder Lag
Bont Trane Bring Helder Lag
Trane ken ek goed.
Alle kleure van hulle het ek al gebruik.
Kommer oor môre, gister wat was.
Partykeer meer, soms minder.
Ander kere te veel, of weer te min.
Langs ‘n graf, met ‘n gebreekte hart.
Ja, geluk het ook sy kleure, en helder trane gebring.
Die lag, die blydskap, die opgewondenheid— kon selfs hartseer verdryf.
Trane vasgevang in my hande, elke keer ‘n ander kleur.
Vandag kyk ek terug na elke keer.
Elke traan het ‘n punt gehad. By elkeen kon ek iets leer.
Die lag kom terug— dit sal nooit vergaan.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.