Ken jy vir oom Joppie
Ken Jy vir Oom Joppie?
Die ou kêrel is al lank op die been.Tel elke dag sy seën.
Met byna niks lag Oom Joppie elke dag.
Geen mens kan raai wat sy regte naam is nie.
Sou jy hom iewers gewaar, groet hy luidkeels. En sy sinne eindig altyd met:
“Los maar uit vir ‘n joppie daar!”
Mense kan sê wat hulle wil, maar dat God hom seën, is nou so.
Sy geheim is:
“My kind, kwaad is soos ‘n slang. Maak hom dood. Vergewe en beweeg aan.
Vir hom wat jou haat, vra vir God om hom met ‘n groter skeppie as vir jou te seën.”
Voor jy weer kan kyk, hardloop die kwaad iewers heen. En jy word weer geseën.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.