Jongste aktiwiteit:

Rooi Koos se kwas

Rooi Koos se Kwas

Net onder die heuwel,
net ná die spruit, het hy gewoon.

Sy kuns het nie sy gebrek gestuit nie.

Al was ou Koos dalk stom, kon hy praat
deur sy skilderwerk.

Die nooiens van die geweste het na die kêrel gevry, maar hy het hulle
beleefd verbygewys.

Sagte blou oë vertel ‘n verhaal, alles behalwe
waarom Rooi Koos
nooit meer praat.

Party glo dit is haat.
Die tannies sê dalk is dit ‘n gebroke hart.

As jy vir Koos self sou vra, wys hy net prente
van ‘n verre land.

Vriende het hy nie, maar tussen sy verf,
kwas en palet verf ou Koos sy eie wêreld rooi.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed