Ek Is Lief
Ek is lief —
Ek is lief vir die lewe,
ek is lief vir my familie en vriende,
ek is lief vir al die seisoene en verwelkom
lente, somer , herfs en winter na eie aard
want ek ken die lang uitmergelende droogtes
met stompgevrete twagraspolle en die
uitbundige vreugde van goeie reënjare
se wuiwende groen grasvelde wat later
soos ryp koringlande deinend uitstrek—
O,ek is lief vir musiek,
digkuns,
skilder,
beeldhouwerk,
ag,al die edele kunste,
daarom is ek lief vir die lewe en
omhels al Sy geskape skoonheid
want alles was goed in Sy oë en
die lewe is Sy eenmalige gawe
van stoflike bestaan—
Janetta – Helena [Babs]©
6 Kommentare
-
-
Kiekies
Ek hou hiervan!
-
Viooltjie
Ek hou ook hiervan :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Kom praat tannie sommer uit my hart... pragtig gepen!!!