Klankloos
‘n Reier bly roerloos staan
onder die bleekwit maan
vormlose skadu’s kring
wydsbeen om hom heen
Kaalvoet dans die wind
onder die winter sterre
en op ‘n mank been
huppel hy stoksiel alleen
Staar ek na my drome
in die hede
in die verlede
en voel hoe jy in die stiltes
van my hart se kamers ronddwaal
Na jou
na jou
verlang ek
dan nou
9 Kommentare
-
Koekekranka
Pragtig!
-
Arnold
Goed neergepen.
-
neels
Palet se werk is altyd n plsier om te lees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
so mooi en vol verlange vasgepen!