Jongste aktiwiteit:

In iemand se fotoraam

In Iemand se Fotoram

En eindelik sit ons almal in iemand se fotoram.

Soos treine en stasies beweeg ons deur mekaar se lewens.

Ander staan vas, soos ‘n ligtoring langs ons pad.

Party sit en wag op die hawemuur, vir hulle uur om ‘n foto in iemand se lewe te word.

Sal die wind nog kom wat hulle herinneringe bring?

Party het gebly. Ander het weer gery.

Dan is daar dié wat net daar moes wees.

In die gange van die hart hang elke mens ‘n foto van iemand.

Tyd het my geleer…

hoe lyk my foto in jou raam?

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed