trek
saam na die Noorde
saam met die wa – malie my liefling
so het ons getrek van Suid na Noord
van een bestemming na ’n ander
telkens weer wortels geskiet
ingegrawe in rondom-verdediging
vasgebyt deur droogte en vloede
kop bo water gehou in trotse
dankbaarheid teenoor
ons Vader wat met
ons is – was – en sal wees
nou trek ons nie meer
vorentoe nie
ook nie
terug
nie
eerder
Suid – weg
van die verlede
na ‘n blinker
toekoms
vol genade
en vrede
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.