Jongste aktiwiteit:

Laat ek jou vertel (Goud)

Daar is mos altyd daardie gretige een
wat inspring en jou storie kom oorvat
nog voor jou eerste sin
ordentlik sitplek kry.

Jy bring self die storie tafel toe,
versigtig, mooi toegedraai,
maar iemand anders pluk plotseling
die haas uit die hoed
en dien dit as hoofgereg op.

So word elke anekdote
’n wedstryd van oortref:
wie het dieper geval,
harder gelag of
groter indruk gemaak.

Ek wonder hoe ek julle nou
gaan vertel van daardie snaakse dag
toe die bok die roos
van tannie Koekie se hoed kom steel het
en oom Kosie se broek
sonder waarskuwing
sy eie pad vloer toe gevind het?

Soms sterf woorde
nie aan stilte nie,
maar aan ander mense
se haastige stem.

Daarom bêre ek my punchline
tussen my sleutelbord
en my laaste slukkie koffie,
vir ’n gehoor
wat kan luister
sonder om self
die hoofkarakter te wil word.

©MarleneErasmus
09/07/2026

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed