Jongste aktiwiteit:

Ek onthou jou Mater

Ek onthou jou, Mater…

Albei nuut op die dorp, daar deur die rivier. Huisies knap, maar genoeg. Draadsheining het die honde beman.

Ek was toe nog baie skaam, jy voor op die wa. Toe gesels jy eerder met my pa.

Kosbare vrou van staal aan jou sy. Sjoe, sy moes al baie die stout van jou vermy.

Maande vlieg. Ek word martertjie en jy Mater. Tyd raak al hoe kwater.

Maande voel soos bitter lang jare. Ons altwee staan met seer en begrawe. Ek vir Pa, jy vir broer.

Die wind van die lewe het kom loer… Hy het ons uitmekaar gewaai.

Al het ons hoe mekaar probeer troos, ek en jy het geweet dit is verby.

Vandag is ek al groot, jy al amper oupa. Ek dink aan jou as ek die man by die draad sien…

Soms kom waai daar ’n dowwe herinnering by my verby.

Ek wonder… onthou jy ook nog soms vir my?

 

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed