Jongste aktiwiteit:

My lentevuur

Sonder ultimatums
het jy my lief –
net soos ek is.
Sonder pretensie
aanvaar jy my –
vir wie ek is.

In die ongesproke verstaan
wat tussen ons heers,
bestaan stiltes
gemaklik
ongekompliseerd.

Soos die laaste noot
van ʼn basviool
wat vir lank
in suspensie
in die agtergrond hang,
leef die vibrasies
van ons harte saam
wat vas in die fleur
van ʼn liefdesvuur staan.

* Vir jou my lief. Dankie *




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed