
Jy kan mos vlieg
Jy kan mos vlieg
Natuurlik kan jy vlieg
saam met die knip van jou oog
op ‘n verbeeldingsvlug
sonder begrip of verwagtinge
mymerend deur die uithoeke van jou heelal.
Natuurlik kan jy vlieg
al is dt net om jouself van realiteite te red
om by die oewer van jou siel
gelykenisse te plak teen jou stiltes
want bevrydend is die droom
wat die donker in jou asem
in reënboogskakerings kan verkleur
en trane saam met sterre laat verskiet.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.