Donker het ook lig
Donker het ook lig
Is dit waar vrede woon? Hier in gister se stoor?
Alles voel stukkend, tog is dit net donker en vuil.
Gevoelens wil eers huil, dan kom die lig wat agter die donker skuil.
Daar is ‘n stem wat lag. Ek leen my oor.
Dit is waarlik my gelukkige stem wat ek daar hoor.
Iewers hier binne kan ek vrede voel.
Die donker voel meer koel as koud.
Met nuwe moed en krag begin ek die stof en spinnerakke wegvee.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.