Ek die mot en jy die kers
EK DIE MOT EN JY DIE KERS
Ek is die mot
so lekker verspot
die kers is jy
wat ek moet vermy
en ek weet
as ek my kragte meet
dat my vlerke
het perke
en nie brandvas is
dis gewis
jy flikker geelrooi
oe so mooi
koggel my uit
moet my stuit
wink my nader
en ek benader
jou versigtig
die flikkerende lig
so nuuskierig vlieg
(ek moet bieg)
eers ver en bespied
met vlerkklaplied
jou uit elke hoek
gaan sit eers op ‘n boek
bietjie nader
en nader en nader
voel die hitte op my lyf
en ek verstyf
swenk weg
tereg
nooi jy my
om my nader te kry
links en regs en links
op
en
af
weet wat wag
ekke moet
oppas om nie my
vlerke te brand
toe die slag
vonke wat spat tot as
en sonder dat ek weet is dit verby
as ek leweloos vlerkloos op die vloer beland
©Linda du Plessis Kopiereg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.