Jongste aktiwiteit:

Kruispad

KRUISPAD

Miskien is daar nou ook ander wat by ‘n kruispad staan…

net soos ek wat stap op my lewenspad
soms moeisaam soms flink
soms vol slaggate soms geteer
soms gehul in donkerte soms geskiiter in lig
soms nou soms breed
soms met ‘n traan soms met ‘n lag

gekronkel deur berge en dale
oor driwwe en passe
steiltes op en afdraendes af
teen slakkepas of in versnelling
neergeslaan maar opgestaan
weet ek waar van ek waar deur ek is

nou staan ek op ‘n kruispad
vier rigtings +
een vorentoe ^
een links
een agtertoe v wat ek reeds ken

die keuse is myne
watter een is voorspoed
watter een dalk op pad na teespoed
watter een die regte keuse
watter een slegte uiteinde
die keuse bly myne

dan slaan ek my Bybel oop
by Spreuke drie vers ses
“Ken Hom in al jou weë
dan sal Hy jou paaie gelyk maak”
en ek weet dat die pad wat ek gaan kies
U my na gelei het om sy voetspore te volg

‘n pad waar U my oor die dorings en struikelblokke gaan dra
my gaan optel waar ek val … maar ook
‘n pad gesaai met GELOOF en HOOP
omgee verdraagsaamheid vreugde vrede geduld vriendelikheid goedhartigheid getrouheid nederigheid selfbeheersing
en die grootste van almal … LIEFDE

lei U my… ek sal U volg
en waar ek faal weet ek U sal my optel

Amen




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed