
My Lewenslegkaart
MY LEWENSLEGKAART
In die begin
het God met my lewe se legkaart begin
met my geboorte uitgegooi
oor die tafel versprei
deurmekaar
oormekaar
wat ek met genade
aan my geskenk is
moet soek
pas
inpas
soms is stukkies
vaal
swart
sprankel kleure
moet ek dit weer pas
verkeerd pas
eerste
begin van buite
na binne
kleure bymekaar
vorms
met my prentjie
langs my wat ek navolg
moet ek sorg dat nie
EEN
stukkie intussen
verlore raak
en as my
” p u z z l e “
L E G K A A R T
eendag
byna voltooi
is
die Ewige Lewe
daardie laaste
EEN
sal
wees
HY
perfek
sal
pas omdat God ons lewenslegkaart perfek sal voltooi
van
die
begin
tot
aan
die
einde …
©Kopiereg Linda du Plessis 14/07/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.