
Anderkant die Stilte
Donker nag daar buite
klink geluide oral oor
duskant die morester
klink branders plotseling
teen rots verbrokkel
speel die maanlig deur wolke
krabbers rondomtalie
verskietende sterreprag
plotselend uit die hemelruim
gedenk uit ‘n diepe droom
Anderkant die stilte
waar duisternis se skuilplek waak
straal die bliksemstrale ‘n vuurdoop
met arms wat ‘n koperboog span
en beddings van water sigbaar word
dans die musiekleier ‘n vreugdeslied
sing hul die onweerspsalm
breek die stem van die Allerhoogste
deur die seders van die Libanon
waar die woestyn van Kades bewe
Kom my siel uit die doderyk op
U verander ‘n weeklag na ‘n koordans
word vloede weggebere in skatkamers
en anderkant die stilte opgegaar
verydel gedagtes van siele raad
©Louisa van Vliet (Amazon)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek