Klippe
Klippe
Die wyse is slim
en bou sy huis uit klip.
Die ander gebruik dit
om te klim en klouter.
Dan is daar ook dié
wat verkies om dit te gooi en mee te veg.
Maar die beste klip
is die een
wat ons uit mekaar se paaie wegrol.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.