[SILWER] Waar Niks Ontbreek Nie
WAAR NIKS ONTBREEK NIE
Die Here is my Herder, sterk en groot,
Hy lei my waar die stille waters vloei;
Wanneer die wêreld dreig met angs en dood,
laat Hy in my die vaste vrede groei.
***
Geen aardse skat kan ooit my hart versadig,
geen kroon of goud kan ware rykdom gee;
Sy liefde bly deur elke storm genadig,
‘n anker diep in elke onstuimige see.
***
Al stap ek deur die dal van donker skadu,
waar vrees sy koue vingers na my strek,
bly Hy die lig wat deur die nag my dra nou,
sodat geen kwaad my moed of hoop kan breek.
***
Sy staf en kierie wys die regte spore,
Sy stem laat elke dwalende hart verstaan;
By Hom word stukkend-wees weer nuut gebore,
en leer ek vas in Sy genade gaan.
***
My Herder bly die Bron van al my seën;
By Hom ontbreek daar nooit aan selfs … net één.
©2026 Nicola Brown
VOETNOTA:
Koning Dawid
“die Here is my herder niks sal my ontbreek nie”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.