Lente in die bos
Lente in die bos
Pers jakaranda dra sy kroon.
Kameelhout pronk met wit blommetjies,
’n belofte dat die peule kom.
Tarentaal lê al reeds,
eiers snoesig weggesteek
tussen geel veldgras.
Eerste veldblomme wys hul gesig,
terwyl die ander wag op die reën.
Moeder Natuur dra trots
haar parfuum van bloeiselgeure.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.