Jongste aktiwiteit:

Mooi tussen die lelik

Mooi tussen die lelik

 

Geelgoue gras

lê oor die vlakte gesaai.

Reën kom en maak eers weer ‘n ander seisoen sy draai.

 

Windpomp klak

doer ver, met geleende wind

vir ‘n druppel of drie.

 

Pers blom kom groei uit niks, kom wys

lewe hier is nog nie geblus.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed