Daar waar my Maandag-huisie staan
Daar waar my Maandag-huisie staan
Lande werk ken ek goed,
skape boer met ’n groot velhoed.
Soms, as die windpomp staan
en straatkopers
diepgeplante pale
vir hulself neem,
verlang ’n boer
na ’n Maandag-huis.
Iewers teen die see,
dalk sommer ver
waar die Grieke woon.
Klein houthuis
met ’n visstok in die hand.
’n Taal kan praat as jy moet
wat niemand kan verstaan.
Daar waar die lewe rus
en Maandag
soos ’n vakansie lyk.
Alles goed en wel,
maar sal daardie see
dieselfde swem
as ’n ou plaasdam
met ’n trekker-tjoep?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.