Jongste aktiwiteit:

in perpetuum (goud)

in perpetuum

verlange het geen fatsoen nie –
soggens is die bed ’n bleek vlakte
wat nie heuwels kan wees nie
en een koppie koffie in stilte
met jou naam daarin
as die son sagkens kranse klim

en saans …

saans is dit selfs wreder
as lig lieg vir die oog
in skemer se dun strook tyd
wanneer die huis groter raak
die gang rek
en elke geluid verlies eggo

© Hester Steenkamp, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed