Jongste aktiwiteit:

musiek

 

 

koffie en boerbeskuit soggens

is soos musiek in my ore wat my sus

nie die viermaat-gebrabbelde modern

eerder die ligte klassieke tot stil klassiek

wat sag my siel uit sy onrus oplig

 

musiek is soos ’n wonder kuur

van inheemse en uitheemse granate

vol van die heel beste wat my liggaam

in sy sy stryd teen ouderdom na smag

soos kruie-tee en boerse doepa

 

dit streel nie net my breingolwe

maar bring harmonie in seer spiere

laat moeë kneukels wat verdor weer buig

in ritmiese joga van ’n liggaam wat herstel

van gisters van swaardra en ooreising

 

die taal van my moederskoot is so

dit sus my gemoed tot geloof en hoop

daarsonder kwyn my hele wese in krampe

van ’n onbekende pynlik ongemaklike lewe

waarin my siel probeer uitbreek

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed