Net ñ bietjie liefde
Net ’n bietjie liefde
Verlief en verlore, jawoord word gevra, die klokke lui.
’n Foto word gedeel, sommer op die internet, almal deel die goeie nuus van ’n baba wat kom.
So verloop die lewe met sy reëls, dit is die spore wat liefde deel.
Sommer net hier in my hoek, eenkant lees ek die lewensboek.
Waar is die plek van toe liefde nog kon lag en net simpel wees?
Nou staan liefde op kraal soos die groot slagbees.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.