Gister
Gister
Swaar en bruin is haar jas, gesleep deur stof van ’n kronkelpad.
Oud en afgeleef, niks meer om te gee.
Die spore van swaar lê op haar gesig. Hande voos en krom.
Haar oë vertel ’n ware verhaal. Almal droom oor môre, jonk en mooi, maar min vat die tyd om saam met Gister te sit en iets te leer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.