Jongste aktiwiteit:

beaam

 

 

laat jou ja, ja wees

laat jou nee, nee wees

wees standvastig en sterk

laat jou oë ‘n bars kan kyk

staan regop in jou stand

jou vrou en kinders

aan jou hand

 

wees eensgesind

met jou volk en kultuur

bou op fondasie van geloof

leef jou lewe in hoop en liefde

wees blymoedig en vol moed

standvastig in jou strewe

dankbaar vir jou lewe

 

wees voorbedag

op iemand wat alles beaam

bly weg van diė wat alles konformeer

staan eenkant as die riete maar net buig

wees standvastig, sterk in jou waardes

ankers in die ware Lig en Waarheid

ken en aanbid die enigste Here

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak