Tiende van tienduisend
Silwer
Tiende van tienduisend
Here, ek weet dat ek vir u moet moet gee,
‘n tiende van dit wat ek verdien,
maar Here, as u my uitgawes sien,
hoop ek dat u my klein donasie sal verstaan.
My *beloningspakkie wat ek maandeliks ontvang,
maak my opgewonde, maar ook bang.
My uitgawes word net aldag meer en meer
en oor my spaargeld het ek geen beheer.
Die kerk, Here, is daarom onderaan my lys.
As u wil, kan ek vir u my “payslip” wys.
Neologisme – beloningspakkie = salaris
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die Oktober 2026 – Getal 10 projek