Twee liggies
Twee liggies
Die donker draai om my. Waar slaap die maan dat selfs hy nie wil skyn nie? Sterre kruip weg agter wolke sonder reën.
Goggas begin te byt, voel soos die mense in die lewe se grootste stryd …
Ver hang twee liggies, ek stap nader om die lig te bekyk.
Een was God en een was jy. Ek staan verstom …
Daar is ’n derde lampie sonder lig, die stem sê dit is jy.
Dit is tyd om op te hou wag vir die maan en sy sterre. Kom help ons om lig in mense se harte te laat skyn.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.