Jongste aktiwiteit:

VITAMIEN VRIENDE

VITAMIEN VRIENDE
(Brons)

sommige vriende
is soos energie vitamiene in die oggend
hulle gee jou ‘n ekstra huppel in jou stap
‘n bietjie meer vooma in die lewe

sommige vriende
is soos sonskyn in winter wat prikkel op jou vel
terwyl die winterkoue jou aan jou enkels byt
gee hulle jou meer as net ‘n tikkie warmte

sommige vriende
is soos marshmallows
met sagte liefde wat jou styf omvou
soetsappig toegedraai in veiligheid

Spreuke sê vriende kan mekaar verwoes, maar daar kan ook ’n vriend wees wat nader aan jou is as jou eie broer.
sommige vriende
dra nie jou belange op hul hart
en goed genoeg is jy net deur hulle tyding van smart
eensydig selfsugtig en misbruik

kies vriende wat is soos jou vitamien
‘n vriendskap waar beide mekaar dien
saam ‘n pad stap in liefde en leed
geestelik help groei tot elkeen heel

©️TaniaPascheka
24.08.2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed