Jongste aktiwiteit:

MEDE-OUERSKAP

MEDE-OUERSKAP
(Brons)

lewenspad deurdenk haarfyn beplan
oomblik van eersteling reeds weggeneem
was dit beplan of was dit per ongeluk
wonder twyfelend steel ‘n gesonde verstand

verlief verloof in ‘n wêreld van bekoring
kies jy die man met ‘n ander vrou se kind
min wetend wat die pad sal inhou
soos soldaat geveg geklee in wapenrusting

dit was ‘n op en af en ja en nee
wees deel maar jy mag nie deel wees
ondersteun maar jy mag nie ondersteun
versorg maar jy mag nie versorg

tyd verlore deur uitverkose stap
ongevraagd deur swaarheid gestap
trane gehuil en tassie gepak
ten einde gedink jy stap die verlore pad

nooit verlate deur gebed volhard
skyn daar ‘n liggie weer hoopvol
invloed wat was vreeslik venynig
nou uitgeskyf verlaat verstoot

daar is weer plek vir pappa en stiefma
daar is weer grond vir hoop
daar is weer kuiers en kletsies
balgooi en sappies drink saam sussie

mag God dan gee dat ons aanhou sal groei
volwasse sal dink aan die beste vir kind
nie weer liefkry met swaarkry en huil
net liefkry in grootmaat tot in ewigheid

om te kies jy het ‘n man lief met ‘n ander vrou se kind
is om te kies dat jy die kind ook lief
ja, werklik en voorwaar nes soos jou eie
want dis deel van mens wat een is met jou

om ‘n stiefma te wees is nie aldag maklik
maar dis lonend in soveel maniere
as daai kleintjie vir jou ook ma sê
en jy besef nie net jou liefde ken geen grense

vandag dank ek God vir my ekstra kind
wat ek kan geniet wanneer sy hier is
of kan verlang as nie
want ‘n kleine ware seëning is sy beslis

©️TaniaPascheka
24.08.2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed