Horlosie, wat sê die tyd?
Horlosie, wat sê die tyd?
Meer as wat jy as mens wil begryp. Vir jou gaan dit oor tyd, hoe laat tik die uur.
Hier vandag teen die muur probeer ek jou leer die waarde van tyd …
Eers was dit die Egiptenare met son en water om tyd te kon bepaal.
Hoe later hoe kwater, tyd kry ’n naam: horlosie met ’n gesig.
Wysers word gebruik om tyd te lees, kort, lank en die tree van tyd …
Sou jy maar net weet, ek gaan en ek wou, en ek sal nou is hul name volgens wat die mens wil leef, maar die eintlike tyd is vandag hier en nou.
Geen tyd van ’n horlosie is waarop jy jou lewe kan bou.
God hou elke sekonde in sy hand, tyd vat jou wel tree vir tree tot voor die hekke van beloofde land.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.