Richtersveld II
O, Here
vat my hart
maak dit oop
en wyd en leeg
sodat U reën
die dors kan les
O, Here
vat my siel
vol klippe en
harde grond
waar net die taaiste
kans staan om te groei
O, Here
vat my seerkry
spore op vergete berge
gate gegrawe na blink drome
los net dit waarmee die reën
kan blomme maak
O, Here
vat alles
dat ek vêr kan kyk
met oophand dankbaarheid
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die November 2026 – Dankbaarheids projek