Koester
Koester
Styf in perfeksie toegevou
soos ‘n roosknop in ontplooiing
vertroetel in die binnekring
benat in glinsterende dou
gelouter deur wind en kou
omarm met ‘n warm sonstring
deur kroonblare omkring
bewaar in skeppingskou.
Gekoester in die moederskoot
vertroetel in die baarmoeder
mens in perfeksie ontbloot
goddelik benader
versorg tot die dood
in beskerming van ‘n vader.
• Neologisme: sonstring (son straal in ‘n kring)
C Diederiks©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.