Mag my woorde ook tog tel
Mag my woorde ook tog tel
’n Lewe probeer ek skilder met kleure van woorde.
Mag jy my storie vind in die grote prent van woorde.
Mag my woorde nooit vir ander preek, of self die val van oordeel spreek.
Mag my woorde iewers in jou lewe tel en groei soos saad van ’n skaduboom.
Mag jy jouself iewers hier tussen die woorde vind en die groter prentjie sien.
Mag geloof jou vind en die donker jou verblind.
Sou jy terugstaan en kyk na elke woord wat ’n prentjie skep, die ware waarde van die lewe sien.
Vir ander is my woorde mooi, party blaai net verby, maar vir die wat agterbly en dieper as net woorde vasgepen kyk, sal jy die legkaart vind.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.