Alles gaan okay wees My kind
Alles gaan okay wees my kind
van voor, van agter kom wind
Ek weet my engel
soms voel dit asof die wêreld jou verstrengel
Die seer, pyn en hulpeloosheid
voel vir jou te veel, ‘n feit
My seun, my dogter, ek vang elke traan
Ek hoor jou gesnik wanneer die maan
Sy eerste hello sê
Ek weet die is nie wat jy wil hê
Ek weet van elke pyn wat op jou hart kom lê
Soos ‘n slang om jou wurg.
Ai, ek sien hoe jy snak na asem
elke moedelose sug wat wasem
op die gebroke stukkies van jou hart
Ek sien hoe jy struikel na die regte pad
Jy probeer en ek weet
My kind, van jou het ek nie vergeet
Ek hou jou hand vas
En ek dra jou elke las
Gee net jou seer vir my
want ek wil jou sien weer bly
Ek belowe jou nou
dat elke vraag toegevou
se antwoord sal bekend word
Byt net nog ‘n rukkie vas
My kind, ek ken elke las
wat jou hinder en pla, lank of kort
Ek ken elke kamer van jou hart
Jou diepste geheime is vir my bekend
Ek sien hoe die duiwel jou sit en tart
maar my kind, ek is lief vir jou
Terwyl jy sit en rou
My skouers is altyd oop, onthou
Jy is my oogappel, my hart se punt
Jy is en bly my kind
Ek het ‘n wonderlike plan
spesiaal, kreatief, uniek net soos jy
Langer gaan jy nie meer ly
want ek is ‘n God van wonderwerke.
R.Blom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.