Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My Sonneblom

Deur Jessica Venter
Datum gepubliseer: 16 Oktober 2019 Aantal woorde: 78 300 Kere gelees 11

wanneer die onweerswolke
donker en grys
oor my horison inrol
kan ek altyd my kop
na my ma draai
om weer krag te kry
tussen haar blare vind ek rus
want haar gebede
rig sy tot God
sy water dit met haar liefde
en met haar hart van goud
helder sy my wêreld op

die lewe deel vir my
die mooiste sonneblom uit
my ma, ‘n dapper en sterk vrou
niemand so eg soos sy

©Jessica Venter
08/08/2019




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 110
Kommentaar telling: 4

Ek is gebore in Pretoria en het daar groot geword. My ma was ‘n enkelouer en het my dus alleen groot gemaak. Ek is al 15 jaar getroud. Ons het twee kinders, ‘n seun, Armand en ‘n dogter, Bianca. Ons bly in Randfontein tussen al die mynhope maar dis my tuiste. Ek het sekretarieël geswot by Randfontein Kollege. My man het sy eie vervoermaatskappy, ek doen al die kantoor werk al vir baie jare. My stokperdjies sluit in lees en skryf. Ek doen ook tans ‘n digterslypskool kursus. My passie vir skryf het eers ‘n paar jaar gelede ontpop. Ek het al drie boeke deur Kwarts Publishers gepubliseer. Hulle is beskikbaar in Bargain Books, op Amazon as e-boek asook op Kwarts Publishers se eie webblad. Ek het ook laas jaar ‘n ses maande kursus in kort verhale voltooi deur Die Skryfbesigheid asook deur Liberty University het ek ‘n kort skryfkursus voltooi aan die hand van Karen Kingsbury. Ek is tans besig met ‘n ses maande kursus in die skryf van Romanse aangebied deur Madelie Human.   Ek help by honde rescue, genaamd The Dachshund Haven. Ek doen elke week al hulle facebook plasings en ek hanteer al hulle admin. 

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 141 gaste aanlyn

Bydraes – Argief