Jongste aktiwiteit:

ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 5

HOOFSTUK 5

Maandag oggend toe ek die kantoor instap is ma Aletta weer pure juffrou Boonzaaier, netjiese donkerblou kantoor pakkie en die hare in n bolla agter die kop.tog is dit vir my of sy n ander uitdrukking in haar grys oë het en groet sy my dadelik: “More Melt gaan dit goed? “.

Vir n oomblik weet ek nie hoe ek haar nou op kantoor moet aanspreek nie maar dan besluit ek. Sy is my ma en die hele plek gaan dit tog binnekort weet.

“More ma Alletta. Na so lekker naweek saam met jou voel ek in die wolke vanmore”.

Cindy is ook daar en neem ek haar hand en heet haar welkom met n handruk wat die bloed deur my are jaag toe sy my hand neem en ek haar welkom heet. Hierdie meisie doen iets aan my en daardie blou oë toor met my. Sy is ook in n kantoorpakkie geklee met haar hare in n parmantige poniestert agter die kop.

“Baie dankie meneer Melt ek sal my bes vir jou doen”, antwoord sy met die wonderlikste soet stem wat soos rustig kabbelende water in my ore klink.

“Melt jy weet die baas is oormore terug en hierdie twee dae sal ek vir Cindy touwys maak en dan gaan ek terug.” deel ma Alletta my mee terwyl ek na my kantoor stap. Ek knik my kop en stoot my kantoordeur oop.

In my kantoor wag n verassing op my. Pragtige bos blomme op my lessenaar met n kaartjie daarby. Ek frons, wie sal vir my blomme stuur.

Ek vou die kaartjie oop en lees: “Melt dankie dat jy my aanvaar het en vir n wonderlike naweek saam met jou Noudat ek my seun gevind het en hy weet ek is sy ma loop my beker van geluk oor. Ma Aletta”.

Waar die muggie vandaan gekom het weet ek nie maar hy vlieg in my oog in en laat my oog behoorlik traan. Ek voel ook vreemd gelukkig en dit is die oomblik dat ek finaal besluit dat ek n versoening tussen haar en haar broer gaan bewerkstellig, al is dit hoe hard.

Ek sal bietjie met Cindy gesels om meer van die man te wete te kom, hy is immers haar swaer.

“Jakkals”, dink ek by myself, “Jy met jou houding van kantoor romanses werk nie. Jy is nou net besig om verskoning te soek om Cindy op sosiale vlak te leer ken”.

Die week gaan rustig sy gang, elke oggend blomme op my tafel, en teen Vrydag weet ek, Cindy is n voorslag. My verliefdgeid begin so half by my ore uitloop maar ek bly saaklik met haar. Een of ander tyd sal ek egter met haar moet gesels oor Gert. Ek wil agterkom wat se tipe man hy is dat ek kan weet hoe om hom te benader.

Vrydagmiddag vat ek die bul by die horings en gaan sit by haar lessenaar. Sy kyk my vraend aan: “Iets waarmee ek kan help mnr. Melt”vra sy ewe onskuldig.

“Cindy, jy weet seker al teen die tyd dat Alletta Boonzaaier my biologiese ma is”, vra ek.

“Ek weet meneer Melt, ek ken die hele verhaal” antwoord sy my.

“Ek wil bitter graag n versoening tussen my ma en haar broer bewerkstellig. Om dit te kan doen moet ek meer van hom weet en jy kan my tot groot hulp wees”, antwoord ek haar.

“Dit is n lang storie meneer Melt. Kom kuier een aand vir my oor die naweek dan vertel ek jou alles. Ek sal self ook graag n versoening wil sien want jou ma is so n pragtige mens”, antwoord sy my met n glimlag wat my hart soos botter laat smelt.

Sy vat n pen en skryf iets op n stukkie papier wat sy aan my oorhandig. Op die papier is haar telefoon nommer en haar adres. Ek sien sommer dadelik dis n Despatch adres.

“Ek dink ons maak dit sommer vanaand Cindy of het jy dalk n vriend wat kom kuier”, vra ek

Cindy glimlag daardie warm glimlag van haar: “Nee wat meneer Melt, daar is nie n vriend nie. Jy is meer as welkom en dan verwag ek jou so sewe uur”, vra sy.

Ek wys haar met duim op dat dit reg is, groet en verlaat ons die kantoor so saam saam want sy gaan nou na ma Aletta toe want hulle ry saam, Cindy bly nie ver van ma Aletta af nie.

By die huis gekom gaan stort ek, trek n kort broek en n wit oopnekhemp aan. Ek eet n stukkie Kentucky wat ek langs die pad gekoop het om die beslommernis van n kosmakery uit te skakel en dan val ek in die pad Despatch toe om vir Cindy te gaan kuier.

Sewe uur op die kop stop ek voor hulle huis. Een van die ouer huise maar netjies versorgde tuin voor die huis vertel my dat dit netjiese mense is wat hier bly. Ek het nie eers nodig om te klop nie en toe ek by die voordeur gaan die stoeplig aan. Cindy maak die deur oop en daar staan sy. Die blonde hare tuimel op haar skouers neer, blinkend onder die lig. Sy het n ligte wit somersrokkie aan wat elke lyn van haar liggaam beklemtoon.

Sy slaan my asem skoon weg en dan groet sy my ”Naand meneer Melt, kom gerus in”, en met die staan sy opsy om in te kom. Ek wys vir haar om voor te stap.

“Kom ek gaan stel jou gou aan my ouers voor in die televisiekamer en dan kan ons hier in die sitkamer kom sit en gesels meneer Melt”.

Toe ons die televisiekamer inkom staan haar ouers op. Haar pa is so n lang lenige man, spierwit grys, en haar ma so n ou kortetjie met blonde hare, mooi vrou vir haar jare.

“Pa, ma dit is Melt du Preez, my baas. Melt dit is my pa, Koos Cloete en my ma, Cathy”.

Albei groet my met n handruk en heet my welkom en dan maak Cindy verskoning: “Ons gaan in die sitkamer sit, daar is dinge wat ons moet bespreek”.

“Geen probleem nie kuier gerus daar”, kom Koos se antwoord en ek kry die idee dat Cindy hulle ingelig het en dat hulle weet waaroor my besoek gaan.

Die sitkamer is n eenvoudige vertrek met n rusbank, vier stoele en n koffietafel met n pragtige geblomde tafeldoek oor. Teen die mure hang twee landskapskilderye.

Cindy gaan sit in een van die stoele, kruis bene en wys vir my om te gaan sit. Ek gaan sit in n stoel regoor haar.

Ek val weg: “Cindy soos jy weet wil ek graag n versoening tussen Aletta en haar broer bewerkstellig. Enige idée hoe ek dit kan bereik? Ek ken die man glad nie en as jy my meer van hom en jou suster vertel kan dit dalk help om my n strategie te laat uitwerk en terloops, ek is na ure net Melt”.

Ek kry weer een van daardie warm glimlagte: “Melt hy is n hardgebakte man, gebrei deur die Karooson. Groot man en spierwit grys. Hy is n man van min woorde maar as hy n besluit geneem het bly hy daarby en niks sal sy besluit verander nie”.

Cindy skep n slag asem en gaan dan aan: “Ten spyte van veranderde tye is Aletta se naam taboe in sy geselskap en word dit nog steeds as n groot skande beskou wat sy oor die familie gebring het. My suster, Colleen, het al n slag daaroor met hom probeer praat maar hy wil nie kopgee nie. Inteendeel, hy het haar verbied om ooit weer Aletta se naam voor hom te noem”.

Ek wonder oor Colleen en Gert en ek vra: “Cindy hoe het die twee bymekaar uitgekom”.

Cindy skud haar kop: “Melt daar is n vyftien jaar ouderdomsverskil tussen hulle. Ek dink hy het op die stadium gekom dat hy besef het dat hy sal moet plan maak en trou anders gaan hy nie n nageslag hê nie want toe hulle getroud is was sy maar twintig en hy al vyf en dertig. Die meisies van die kontrei van daardie ouderdom was in elk geval al almal getroud en ek dink deur sy buffelagtige houding het hy homself uitgebak daar”.

‘Hulle het mekaar deur n hoekie van eensames in een of ander tydskrif ontmoet en Colleen het begin drome droom van plaasvrou wees, haar groot droom in die lewe”.

“Meneer het natuurlik sy beste voetjie voor gesit haar oorrompel en is hulle toe, ten spyte van baie besware, na n romanse van ses maande getroud”.

Ek moet glimlag: “Cindy lyk my jy loop glad nie oor van liefde vir hulle nie”.

Sy skud haar kop: “Nee glad nie. Hierdie man het Colleen verniel. Sy was n baie mooi meisie toe sy jonk was maar nou is sy oud, moeg en afgerem. Ons gaan maar so af en toe daar kuier ter wille van Colleen maar die kuiertjies is gewoonlik ook nie lank nie. Meneer laat mens van die begin af ontuis voel”.

Cathy se kop verskyn om die deurkosyn: “Iets te drinke vir julle voor die oumense gaan slaap”.
“Dankie ma, koffie sal lekker wees. Twee suiker en melk vir Melt”, antwoord Cindy en dan staan sy op: “ek gaan gou my fotoalbum haal en dan wys ek jou hoe lyk die mense van Jakkalsfontein”.

Paar oomblikke later is sy terug en gaan sit op die rusbank. Sy was vir my om langs haar te kom sit en dan bring haar ouers sommer die koffie op n skinkbord in en sit dit op die koffietafeltjie neer.

Nadat hulle nag gesê het is dit ek en Cindy alleen. Die fotoalbum word eenkant gesit en drink ons ons koffie in stilte maar ek is intens bewus van Cindy langs my. Dit laat n warmte deur my trek wat ek nie ken nie.

Ons sit ons koppies so saam saam neer en dan neem sy die fotoalbum op. dit is n groot album en skuif ek so bietjie nader aan haar sodat die album op ons albei se skote kan rus. Cindy blaai n paar blaae en dan stop sy by n troufoto: “Dit is Colleen op haar troudag Melt. Kyk hoe pragtig het sy gelyk”.

Ons bene raak aan mekaar en n elektriese skok trek deur my. Sy blaai bietjie verder en stop weer by n foto. Dit is n foto van n duidelik ouer Colleen, twee kinders en n man. Colleen lyk verwaarloos in so n ou sakrok, die man het n hoed op sy kop en khakiklere aan soos die twee seuns op die foto.

“Gesinsfoto van hulle, kan jy sien hoe verwaarloos is Colleen”, vra Cindy.

Ek knik my kop maar die man op die foto vang my vas. Hy het n harde gesig, duidelik gebrei deur die Karooson maar dit is of ek die hardheid in sy oë sien. Cathy kom agter dat ek intens na die foto kyk en dan raak ons bene weer aan mekaar en weer daardie elektriese skok. Sy trek nie weg nie en dan hoor ek haar praat: “Melt jy kyk nou na n sogenaamde stoere Afrikaner. Volgens hom was sy voorgeslagte Kaapse rebelle in die Boere oorlog, in die wêreld oorloë”.

Sy swyg n oomblik en gaan dan aan: “Voorsitter van die boerevereniging, leier ouderling in die kerk, regte macho man wat hom verbeel dat die wêreld sonder hom sal stilstaan”.

“Harde neut om te kraak”, dink ek by myself maar swyg. Ek het gesien wat ek wou gesien het en nou moet ek n strategie uitwerk om hierdie vent te laat val.

Ons kyk na nog n paar fotos en dan maak Cindy die album toe en sit hom op die tafel neer: “Melt ek wil jou regtig waarsku, jy sal hierdie man nie beweeg om Aletta te vergewe en te aanvaar nie”.

“Ek dink ek gaan bietjie Jansenville toe more Cindy. Ek gaan ten minste probeer, ek skuld Aletta dit Jy moet my net beduie hoe om op Jakkalsfontein te kom”.

Cindy glimlag en sit haar hand op my arm: “Melt ek sal saam met jou ry anders gaan hy jou sommer met die intrapslag van sy plaas af wegjaag. Met my by sal hy dit nie sommer doen nie. Ek sal jou voorstel as my vriend want dan sal hy dit nie waag nie want ek kom vir my suster kuier. Dan kan jy hom bekyk en besluit hoe gaan jy hom benader”.

“Dankie Cindy, dan tel ek jou so sesuur op as dit reg is met jou, dan kan ons vroeg daar wees”.

“Ek sal reg wees Melt dit is in elk geval 110 km tot op Jansenville en Jakkalsfontein is nog n hele 30 km anderkant Jansenville”, antwoord sy.

Ek staan op om te ry want ek wil vroeg in die bed kom want dit is vroeg opstaan. Cindy staan ook op en stap saam met my voordeur toe. Sy stap ook saam met my uit en vir n paar oomblikke steek ek vas om Uitenhage se liggies te bewonder.

“Pragtig nè Melt”, verbreek Cindy my gedagtegang.

Ek knik my kop en begin aanstap. By die hek groet sy my: “Dankie vir jou kuiertjie Melt. Onthou al is ek jou sekretaresse is jy altyd welkom om by my te kom kuier”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed