
Augustus 2017 – As seisoene vir ons draai projek
Hierdie maand se opdrag lyk soos volg:
Digters:
Skryf ‘n gedig, nie langer as 12 lyne nie, met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ Die tema hoef glad nie jou titel te wees nie maar moet slegs gebruik word om jou gedig tematies te dryf.
Jy sal ook ekstra krediet kry vir die gebruik van unieke koppelwoorde en nuutskeppinge.
Maak seker dat jy die basiese reëls van poësie nakom nl. spelling, gebruik van leestekens, gebruik van hoofletters op die regte plekke ens.
Daar hoef geen spesifieke rympatroon te wees nie maar dit is aanvaarbaar indien jy daarop besluit.
Skrywers:
Skryf, in nie meer as 800 woorde nie, ‘n kortverhaal (gorrel, artikel) met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ óf ‘Die seisoene draai’.
Maak seker dat jy die basiese reëls nakom.
Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Woordgroete
Projekbestuurder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.