Augustus 2019 projek – Wilde wind
Die Junie-projek se uitslae sal bietjie laat wees, omrede ons besig is om die nuwe kriteria sisteem in plek te kry. Uitslae sal van nou af 30 dae ná afsnydatums op Ink beskikbaar wees. Dit wil sê, die Julie-projek se uitslae sal einde Augustus op Ink beskikbaar wees. Ons het hierdie besluit geneem omrede die Ink-moderators met beperkte tyd hierdie splinternuwe slypskool diens GRATIS aan Ink-lede wat aan die projekte deelneem lewer.
Wees kreatief Tema: Wilde Wind
Dit kan letterlik of figuurlik wees. Die verhoog is joune!
• Gedigte:
Nie langer as 20 versreëls nie.
Die enigste “rym” waarvan jy in hierdie projek gebruik mag maak, is halfrym! Skryf ‘n vrye vers buite jou gemaksone.
• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.
• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.
• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.
Weens ‘n splinternuwe kriteria sisteem vir die maandelikse projekte (waarmee julle binnekort kennis sal maak), word inskrywings tot slegs 2 (twee) inskrywings per persoon beperk.
Onthou asseblief om jou woordtal aan te dui by elke afdeling. Geniet die projek!
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem! Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Bly warm en geniet die projek!
Groete
Ink-Moderator
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STER GRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.