
Ballade van die Bose
Oral draai paadjies af
die geruis die gesuis
die gekras en gebruis
in die donker dennebos
Dan sien jy die rotspunt wink
dis hier waar die heks
op die pikswart agtergrond dans
en oral sink die nag
Die gevaar is oral
oral waar jy gaan
hoor hoe knor die lewe
wanneer jy hom kielie
Jy vlug jy wyk
in die donker se noutes uit
oral swerm daar pluksels vere
in die wind
‘n Dassie soek en soek
oral om die kremetartboom
na die son se glans
en in die lug hang ‘n bitter reuk
wat deur die donker dwaal
3 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Ek hou hiervan. Goed gepen.