Bang is Vry
video snitte flits
superhero logos in mamergange
waar ons onbeberk pakkies koop
vol alleen
deur hoë tegnologie oë
die oneindige donkerte in
staar ons na ster begrafnisse
waar alles verval in swartgatte
so jaag ons
gister se onvermoë
en môre se drome
om van vandag
weg te kruip
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.