Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek gaan skryf sonder ophou …

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 15 November 2021 Aantal woorde: 97 300 Kere gelees 7

Die grootste oorlog waarteen ek baklei
is die een binne my
soms voel dit of ek moed wil verloor
wanneer woorde en sinne my hart deur boor.

Die woorde hou my wakker in die nag
terwyl kommas en punte vir my lag
die leestekens wat hardop vir my skree
terwyl ek kop bo water probeer hou en die lewe trotseer.

Ek weet al die woorde en sinne gaan eendag sin maak
want God sien alles raak
ek gaan skryf sonder ophou
om al die kettings en boeie te breek wat my so styf vashou…

MC Marx (C)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 34
Kommentaar telling: 8

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 769 gaste aanlyn

Bydraes – Argief