Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Woorde wat verdwyn …

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 15 November 2021 Aantal woorde: 94 412 Kere gelees 6

Ek dink my hart dra te veel pyn
want op ‘n dag het my woorde net verdwyn
te veel herinneringe waaraan ek dink
met trane waarin ek soms verdrink.

‘ n Hart wat huil van al die seer
‘n hart stukkend geskeur
soms voel dit of niemand verstaan
van die pyn waardeur ek gaan.

Maar wanneer ek swak is doen God Sy werk
gee my hoop en maak my weer sterk
ek weet daar is mense wie ek met my woorde by staan
woorde wat hul inspireer om verder te gaan…

MC Marx (C)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 34
Kommentaar telling: 8

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 517 gaste aanlyn

Bydraes – Argief